IN GUNTER
n Tweede refleksie na binne toe. Ek reflekteer op die lewe, die orde van dinge.
Friday, 15 July 2011
GUNTER COETZEE ONTLEED: SCRUPEUS: Hoekom prof Anton van Niekerk van filoso...
GUNTER COETZEE ONTLEED: SCRUPEUS: Hoekom prof Anton van Niekerk van filoso...: "SCRUPEUS: Hoekom prof Anton van Niekerk van filosofie agter ... : 'Dis met min verbasing dat ek lees van die ommekeer van die lessenaar in A..."
Friday, 13 May 2011
UNIVERSITY OF CAPE TOWN IS NOT ASHAMED OF IT'S RACIST POLICIES OF SOCIAL RE-ENGINEERING
Dinsdag 11 Mei 2011
1. Ek probeer vandag die maatstaf verstaan wat deur die Universiteit van Kaapstad gebruik word om die verskillende rasse te selekteer, sodat die studentebevolking die Universiteitsowerhede se idee, of geloof dat alles in die samelewing verteenwoordigend moet wees van die rassesamestelling van die nasie, en dit moet weerspieel – ook as mens die partisipasie van wit, swart en bruin studente aan die universiteit van naderby sou beskou..
2. Nou goed : die Universiteit maak geen geheim daarvan dat vir wit studente om toegelaat te word, moet hulle n minimum van ses A simbole in matriek behaal het. Slegs een uit drie studente wat toegelaat word mag wit wees. Ses , sewe, agt – selfs tien A simbole desnieteenstaande, sal jy nie toegang kry as een derde wit applikante reeds toegelaat is nie.
3. Die bruin en swart studente hoef nie A simbole te he nie. B simbole, C simbole, wie weet hoe swak hulle skoolprestasie en opvoeding mag wees, hulle word geselekteer en maak 66% van die totale studente bevolking uit.
4. Hoe gaan ek met die kennis omgaan?
5. Wat beteken dit ?
6. Wat sal n tweede refleksie my hiervan kan vertel?
7. In die eerste plek, is dit veilig om dan die volgende toutologiese bewerings te kan maak, ceteris paribus ?
· `n Wit Ikey moes van `n baie beter akademiese gehalte wees as `n swart of bruin Ikey, alvorens hy toegelaat kon word as student.
· As ‘daardie’ swart of bruin Ikey wit was, sou hy nie in `n 100 jaar toelating gekry het om hier te studeer nie.
· Die gemiddelde wit Ikey is oorwegend van `n hoër akademiese gehalte as nie-wit Ikeys.
· `n Wit graduant van die Universiteit van Kaapstad, sal oorwegend beter toegerus wees vir enige betrekking as sy swart of bruin eweknie, gewoon omdat hy vir 12 uit die bv. 16 jaar wat hy in totaal studeer het, `n aansienlik beter akademiese prestasie gelewer het.
· `n Wit Ikey wat as mediese dokter kwalifiseer, sal altyd `n beter mediese dokter as enige swart of bruin satudent wees, gegrond op die mediese ‘establishment’ se volgehoue posisie oor die afgelope 50 jaar dat akademiese prestasie op skool `n absoluute voorwaarde is vir die seleksie van aspirant mediese praktisyns.
8. As jy n swart of bruin Ikey is, [1] moet jy toegee aan die wit studente, aangesien hulle nie net baie meer weet van die onderwerp voorhande nie, maar aangesien hulle oor die algemeen in alle akademiese dissiplines wat as noemenswaardig beskou word, beter toegerus is as jy.
9. As jy `n swart of bruin Ikey is, moet jy ook aanvaar dat jy die wit studente[2] nooit heeltemal kan inhaal nie, aanghesien hulle opleiding op Universiteit onderbou is deur `n meer diepliggende en omvattende begrip as joune - wat dit waarskynlik maak dat hulle corpus van kennis, en hulle vaardigheid in hulle gegewe rigtings, joune in die praktyk sal oortref.
10. As jy `n swart of `n bruin Ikey is, moet jy aanvaar dat jou toelating tot die Universiteit nie op meriete geskied het nie, maar gegrond is op `n ideologiese konsensus wat dit stel dat jy `n reg het om die plek van `n beter gekwalifiseerde persoon op te neem, aangesien (a) jou gebrek aan meriete veroorsaak is deur die voorouers van die persoon wat beter gekwalifiseerd is as jy om toelating hier te kry, en (b) dat die beter kandidaat se voorouers se diskriminerende regering vir hom in `n posisie geplaas het waar hy as gevolg van die onregverdigheid van die wereld wat deur sy voorsate perpetueer is, bevoordeel is tot so mate dat hy homself kon toerus as `n beter kandidaat as jy om as student toegelaat te word, (c) dat die toets hiervoor die persoon se kleur is, en dat indien die persoon se ouers eerste generasie immigrante is, van `n land kom wat geen aandeel in die perpetuering van apartheid gespeel het nie, en hy geen onregverdige voordeel ontvang het nie, hy gewoon as n soort kollaterale onbedoelde gevolg van die nuwe sosiale orde-konstruksie, sy lot moet aanvaar, en dat (d) dat n swart student wat eerste generasie immigrant is van die VSA af waar hy aan `n “ander” benadeelde stroom deelgeneem het, insgelyks bevoordeel moet word bo n beter gekwalifiseerde, maar “skuldige” wit aansoeker, en dat (e) jou apartheidsbenadeling van n hoër orde is as die benadeling deur bv. ADHD, geestessiekte, persoonlikheidsversteurings, post-traumatiese stress disorder, of enige van die ander intens stremmende kondisies wat iemand wat wit is baie meer kon benadeel in hulle akademiese omgang op skool as wat jy akademies op skool benadeel kon word deur die sosiale destruksie en gevolge van apartheid, en dat die idee gegrond is op dieselfde sosiale konsensus as bogenoemde.
11. Dit bring my by die volgende posisie: toelating tot hoër opleiding, het nie langer enige iets te doen met die prima facie akademiese geskiktheid van die kandidate wat aansoek doen nie, maar is baie meer direk gegrond op die beloning van en vergoeding vir diegene wat aan rassediskriminasie onder apartheid blootgestel is; d.w.s. dat toelating tot Ikeys niks met jou akademiese geskiktheid te doen het nie, maar dat dit bepaal word deur wie geblameer moet word vir jou nie-geskiktheid vir toelating tot die Universiteit relatief tot jou konkurente nie.
12. Anders gestel, twee derdes van die kandidate wat toelating tot Ikeys kry, is daar nie omdat hulle beter presteer het as ander aansoekers nie, maar in weerwil van hulle gebrek aan prestasie, aangesien dit nie hulle skuld is dat hulle nie presteer het nie.
13. Dit wil dus sê, dat Ikeys n instansie van rehabilitasie van sosiale ongeregtigheid is; by Ikeys is akademiese uitnemendheid van baie minder belang as “akademiese geregtigheid”. Immers gaan dit nie oor wat jy na die tafel toe bring nie, maar oor hoekom jy dit wat jy na die tafel toe bring, kan bring of nie anders kon as om te moes bring nie.
14. By Ikeys, berei ons dus nie mense voor vir die toekoms soseer as wat ons mense vir die verlede beloon of bestraf na gelang van die deelname wat hulle voorsate aan misdade jeens mekaar gehad het, welke misdade sewe keer sewe by hulle nasate besoek word. As jou voorsate se misdade jou bevoordeel, sal jy bestraf word. As jou voorsate se onderworping aan misdade jou benadeel, sal jy nou bevoordeel word.
15. Ikeys is dus tot n groot mate `n transaksie waar geregtigheid die eenheid is.
16. Ikeys as sulks, is dus n instansie wat onaanvegbaar met sy rug na die onmiddellike hede toe staan, terwyl daar gekyk word na die verlede. En dié ideologiese konsensus wat bestaan, meen dat sodanige fokus op die regstellende (aksie) heling van die verlede weens die regverdigheid en die morele gewig daarvan, ongetwyfeld sal lei tot n sosiale toekoms wat geregtig, regverdig en demokraties sal wees, waar al die groepe in die land se nasate verteenwoordigend presies eenders sal wees met betrekking tot akademiese partisipasie.
17. Wat van die gemiddelde slaagsyfer en die betekenis daarvan as 66% van die studente om sosiale redes daar is?
18. Wat van die interaksie op universiteite, die sosiale netwerke waarmee loopbane met sosiale konneksies mede-geskep word, as jky omgang het hoofsaaklik met slagoffers wat met toegang beloon is op gronde van hulle status as benadeeld en sosiaal agterstallig?
19. Wat is die implikasie vir navorsing as 66% van die studente akademies stotterend vertrek op hulle reis deur akademie?
20. Watter soort dosente en watter soort invloed word op dosente uitgeoefen en op jou keuse van personeel uitgeoefen as dit kennelik is dat die studente vanwee sosiale konstruksie en nie suiwer meriete nie, geselekteer word?
21. Ek vra maar net? Ek antwoord nog nie enige vrae nie? Later meer.
Subscribe to:
Posts (Atom)